Total Pageviews

Wednesday 7 July 2021

Die Gebroke Hart [AFRIKAANS]

1. Geen Grap. Die gebroke hart is nou wel nie ‘n grap, maar, ten spyte van al die negatiewe retoriek oor die ‘gebroke hart’, is daar tog hoop vir diegene wat daarmee worstel. Terwyl hy ‘n vonnis van vier jaar uitdien (in die dodesel alhoewel hy later toe amnestie toegestaan is) in Suid-Afrika gedurende die 1940s, skryf die bekende skrywer uit die era, Herman Charles Bosman (1905-1951):

   “Though my heart is bruised and riven; 
Though my soul is scathed with scars … 
Yet I’ve touched the fringe of heaven; 
I’ve lived among the stars!”


2. Jesus Christus stap in deur die Skeur in 'n Gebroke Hart. Menige ‘n gebroke en eensame hart het al by Christus aangeklop vir onvergelykbare, kosbare troos vanaf die Goeie Herder, die Rots van die Eeue d.i. Jesus van Nasaret; selfs persone uit ander nie-Christen gelowe getuig vandag toenemend hoe Jesus Christus aan hulle in visioene en drome verskyn om hulle in hul uur van benoudheid te troos met die gawes van Genade en Guns uit die Hart van God. Diegene wat worstel met ‘n gebroke hart bevind hulleself inderdaad in goeie geselsskap. Die Bybel leer:

   “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees … Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” [Psalm34:19; 51:19].

   Die Bybel beloof die wonderlikste prys (in die Ewigheid) vir diegene (afgesien van enige huidige godsdiens-affiliasie) met ‘n gebroke hart wat na Jesus Christus kom vir troos en hulp:

   “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan." [Openbaring21:4].


3. Oscar Wilde. Op sy dag skryf die bekende Oscar Wilde (1854-1900):

“Ah! happy day they whose hearts can break and peace of pardon win!
How else may man make straight his plan and cleanse his soul from Sin?
How else but through a broken heart may Lord Christ enter in?”

✋ 

BOOKS FOR SALE (PDF)

                                                                            (click)

 Books for sale in PDF format at with no EXTRA FEES added onto listed price and no SHIPPING charges (click below): 

BOOKS FOR SALE (PDF)


No comments: