Total Pageviews

Wednesday 7 July 2021

Die Bygelowige Afrikaner [AFRIKAANS]

1. Afrikaners is plesierig. Hoe goed onthou ek die dae (1955) toe ons as kinders by die skool ‘volkspele’ moes leer doen op die maat van die lied, ‘Afrikaners is plesierig!’ Maar, min het ek geweet hoe pynlik bygelowig Afrikaners ook daarby kon wees. Voorbeelde:

1.1 Ateïsme. Wie sou nou kon dink dat ons (‘godsdienstige’) land ook al oor sy eie Sekulêre Humanistiese Vereniging (d.i.'n ‘Klub vir Ateïste’) beskik? Nietemin het menige Afrikaners hulle blykbaar alreeds verbind tot die godsdiens-bygeloof van Ateïsme, d.i. die wêreldbeskouing wat God en die Bybel verwerp en ‘glo’ aan DOOD-na-dood, sekerlik die mees morbiede en beloftelose ‘geloofs-belydenis’ op aarde. Hoekom mens jou met soiets kan ophou en nogal tyd, arbeid en geld aan die promovering van so ideologie kan spandeer slaan my dronk ... wat beoog hulle om op die langtermyn (bv. na die dood) daaruit te baat?

1.2 Sterrewiggelary. Die gewilde ('New Age' gedrewe) tydskrif Huisgenoot plaas toe weer sy gebruiklike Horoskoop (‘Sterre Voorspel‘) vir die Nuejaar (7 Jan 2021, p.62-66), nogal met die byskrif, “So beïnvloed die hemelliggame oor ligjare heen die fynste besonderhede van jou lewe op aarde.” (p.63). 
   Glo die mees geletterde (!) generasie van ons Afrikaner-volk nog werklik hierdie loutere snert in die naam van ‘wetenskap’? Dan het diegene verder nog boonop die vermetelheid om smalende aanmerkings te maak oor ander uit die inheemse volke van Afrika in die land wat nog aan die ‘Tokolossie’ ('Tokoloshe') glo! Watter skynheiligheid.

1.3 ’Skeppende (Teïstiese) Evolusie’. Ook bekend as 'Darwiniaanse Kreasionisme' sekerlik die mees ‘suksesvolle’ moderne bygeloof ooit, naamlik dat mense en die primate ‘dieselfde gemeenskaplike (oer) voorouer’ deel. Doen die wiskunde: Mense en primate kom so merkwaardig ooreen, nie omdat hulle ‘dieselfde gemeenskaplike (oer) voorouer’ deel nie, maar omdat hulle dieselfde gemeenskaplike Skepper (Jesus Christus) deel. Skeppende Evolusie is, inteendeel, ‘n onwerkbare, ongeldige bygeloof want:

► Sou die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme wáár (geldig) wees, dan ontbreek dit die ‘Skeppende Evolusie’ aan ‘n God in sy vergelyking om as werkbare teorie te slaag. 

N.B. Die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme laat nie 'n God in sy ideologiese standpunt toe nie.

► Sou die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme egter onwáár (ongeldig) wees, dan ontbreek dit die ‘Skeppende Evolusie’ aan ‘n Evolusie-teorie in sy vergelyking om as ‘n werkbare teorie te slaag.

N.B. Indien die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme ongeldig (inkorrek) is val die opsie van soiets soos die bestaan van 'n Evolusie-teorie weg waarsonder Skeppende Evolusie nie sal slaag as 'n werkbare teorie nie.

   Doen die wiskunde: Die bogenoemde twee wêreldbeskouinge nl. die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme en die ‘Skeppende Evolusie’ kan in die eerste plek nie albei gelyktydig korrek (geldig) wees nie, aangeslien die twee onderling uitsluitend is (ma.w. dit is die een of die ander); so watter een van die twee moet onkundige mense nou volg? Ek noem dit teen die agtergrond van die feit dat meeste Evangeliese Christene wat die Bybelse beloftes en leringe van Jesus Christus ernstig opneem in elk geval nie een van die twee beskouinge aanvaar nie.

1.4 LOTTO & Dobbel. Na raming het die gemiddelde Suid-Afrikaner ‘n sestig (60) keer groter kans om deur die weerlig raakgeslaan te word as om die LOTTO te wen. ‘n Skrander jongman met 'n spitsvondige humorsin (‘n 'nie-Afrikaner’) sê eendag vir my met verwysing na die sterftesyfer a.g.v. weerlig: 

   “Die rede waarom so baie van ons deur die weerlig doodgeslaan word is juis omdat ons so bygelowig is; ons voorvadergeeste is baie kwaad daaroor!”

   Aangesien hy 'n gegradueerde jongman was wat van die Engelse digkuns gehou het en dit my baie geinteresseer het, vra ek hom toe watter sy gunsteling gedig was. Sy antwoord (ironies): 
 
   "Ode to a Dead Cow." 
    (seker die weerlig). 

No comments: