Total Pageviews

Wednesday 7 July 2021

Die Bloed Van Die Kruis [AFRIKAANS]

1. Die Bloed (Lyding, Opoffering) van Jesus Christus. Die Bloed van Christus is van onberekenbare waarde vir die wedergebore Christen. Redes is soos volg: 

1. 2 Wedergebore Christene word LOSGEKOOP deur die Bloed. [1Petrus1:18-19].

1.3 Wedergebore Christene word GEREGVERDIG en VERSOEN met God deur die Bloed. [Romans 3:24-26].

1.4 Wedergebore Christene word GEHEILIG deur die Bloed. [Heb.13:12].

1.5 Wedergebore Christene word GEREINIG deur die Bloed. [1Johannes1:7-9].

1.6 Wedergebore Christene word BEMAGTIG om GOD TE DIEN deur die Bloed. [Heb.9:14].

1.7 Wedergebore Christene word TOEGANG tot die ALLERHEILIGSTE (in die Hemelse Tabernakel) verleen deur die Bloed. [Heb.10:19-20].

1.8 Aan wedergebore Christene word die EWIGE LEWE geskenk deur die Bloed. [Johannes6:53-54].

1.9 Wedergebore Christene word geseën met OORWINNING oor Satan deur die Bloed. [Openbaring12:11].

1.10 Wedergebore Christene sal HEMELSE BLYDSKAP geniet deur die Bloed. [Openbaring7:9,10,14].

2. Die Bybel leer. 

2.1 “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” [1Johannes1:7-8].

2.2 “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.” [Efesiers1:7; 2:13].

2.3 "In wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.” [Kolossense1:14].

“Daar is ‘n Heilfontein van Bloed, vloeiend uit Immanuel’s sy; 
en sondaars word in daardie vloed van al hul sonde vry!”

(William Cowper, 1731-1800).

Erkenning

Murray, Andrew The Blood of the Cross. Whitaker House.

No comments: