Total Pageviews

Saturday 3 December 2022

Afrikaans: Pieter Snyman: Trots Suid-Afrikaans!

Kopiereg © 2022 PJ Stassen
Alle Regte Voorbehou
Pieter Snyman:
Van WW2 Springboksoldaat tot Prediker
Trots Suid-Afrikaans
Foto: Tekkieraces.co.za






▐ ZEERUST, 1919.
Pieter Johannes Jacobus Snyman word op 6 April 1919 gebore. As kleuter doen hy die gevreesde siekte van ‘Kinderverlamming’ op maar herstel en word ‘n gesonde, lewenslustige en sportiewe seun.


▐ DIE SPRINGBOK SOLDAAT. As jongman (20-25 jr.) dien hy as voetsoldaat in die Tweede Wêreld Oorlog (5de SA Brigade > 'SA Irish Regiment' ens.) en wel by historiese slagvelde soos Abessinië, El Guma, Mega, Addis Abeba, Alexandrië, Mersa Matruh, Tobruk (El Quasc), Sidi Resegh & Suez o.a. teen die gevreesde ‘Woestyn Jakkals’, Genl. Erwin Rommel.


▐ MET DIE RAMPSKIP HUISTOE. Op 28 November 1942, oppad huistoe met verlof na Suid-Afrika met die rampskip ‘Nova Scotia’,  sy skip deur die Duitse Duikboot U-177 Kaptein-Luitenant Robert Gysae, ongeveer 250km vanaf Durban en 80km vanaf Lourenzo Marques, met drie torpedo’s in die Indiese Oseaan gesink.


▐ DRIE DAE OP DIE OOP SEE. Met die sink van die ‘Nova Scotia’ en geklee in slegs ‘n kort kakiebroek en ‘n reddingsbaadjie, duik Pieter oorboord en beland saam met nog ‘n Suid-Afrikaner en 17 Italiaanse krygsgevangenes op ‘n primitiewe ‘vlot’ opgebou uit houtkaste en oliedromme, waar hy met ‘n roeispaan in sy hand beheer oor die ‘bemanning’ van die vlot oorneem. 
   Drie dae later word die desperate groepie drenkelinge deur Kpt. Jose Augusto de Brito van die Portugese skip ‘Alfonso de Albuquerque’ opgepik en by L.M. aan hawe gebring. Slegs 192 van die 1266 passasiers het die skeepsramp oorleef. 
   Omdat Pieter en sy makkers nie in L.M. as krygsgevangenes geïnterneer wou word nie, ‘ontsnap’ hulle te voet deur Swaziland en Nelspruit terug na die RSA waar hy die res van sy militêre dienstermyn (tot 1945) in Pretoria en Potchefstroom uitdien. 


▐ VAN ROWWE SOLDAAT TOT PREDIKER. Op 5 Maart 1943 tree hy in die huwelik met Marie Holtzhausen en na ernstige besinning en gebede deur sy getroue moeder en eggenote, kom hy kragdadig tot bekering en begin hom vir die Christelike bediening voorberei. Ten tye van sy afsterwe in 2005 (in die ouderdom van 86) het Pieter Snyman na raming ses dekades gedien as dinamiese prediker in die Pinksterbeweging, altyd vurig met die slagspreuk: “I’d rather cool down a fanatic than try and raise a corpse!” 

Erkenning
Lees volle verhaal by URL: TekkieRaces.co.za: Pieter Snyman.

No comments: