Total Pageviews

Saturday 3 December 2022

Afrikaans: Ontmoet Die Bygelowige Afrikaner

Kopiereg © 2022 PJ Stassen
Alle Regte Voorbehou



█ AFRIKANERS IS PLESIERIG. Afrikaners is plesierig, en hoe goed onthou ek die dae toe ons as kinders by die skool (1955) ‘volkspele’ moes leer doen op die maat van die lied, ‘Afrikaners is plesierig!’ Ja, Afrikaners is ‘n dapper, hardwerkende en plesierige volk. Maar, Afrikaners is, het ek oor jare heen geleer, ook dikwels nogal pynlik bygelowig daarby. Voorbeelde:

  ▶ Ateïsme. Wie sou nou kon dink dat ons sogenaamde ‘godsdienstige’ land ook al oor sy eie Sekulêre Humanistiese Vereniging (d.i. ‘Klub vir Ateïste’) beskik? Blykbaar het menige Afrikaners hulle verbind tot die bygeloof van Ateïsme, d.i. die wêreldbeskouing wat God en die Bybel verwerp en ‘glo’ aan die filosofie DOOD-na-dood, sekerlik die mees morbiede godsdienstige 'geloofsbelydenis’ op aarde. M.a.w., al wat hierdie bygeloof sy mede-aanbidders kan belowe is (i) 'n 100% sterftesyfer vir elke mens in elke generasie en (ii) Dood-na-die-Dood. Geen vooruitsigte vir die Hiernamaals en die Ewige Lewe soos Jesus Christus belowe.  
   Alhoewel daar verskeie vertakkinge van die Ateïsme bestaan, kan mens die beweging hoofsaaklik tot drie groepe reduseer, nl. (i) daardie Ateïste wat glo dat God nog nooit bestaan het nie, (ii) daardie Ateïste wat glo dat God wel bestaan het maar dat Hy ‘dood’ is en (iii) daardie Ateïste wat glo dat God wel bestaan maar dat Hy ‘boos’ (Dawkins) is.
   So, hoe God terselftertyd ‘nooit bestaan’ het, ‘dood’ en ‘boos’ kan wees, slaan my dronk. Hieruit lei ons egter af dat minstens twee (indien nie inderdaad al drie wêreldbeskouinge) van die drie groeperinge vir ons lieg, aangesien hulle nie al drie gelyktydig reg kan wees nie. Die kentekens van
 Ateïsme is nogal verbasend duidelik, d.i. hulle is gewoonlik tegelykertyd woedend ('angry'), verbitterd ('bitter') en sinies ('cynical') in hul debatte met Christene. Dit staan bekend as 'The ABC of Atheism', d.w.s. Angry, Bitter & Cynical.  
   Nie alle mense wat moontlik op 'n tydstip woedend, verbitterd en sinies mag wees sal noodwendig altyd ateïste wees nie, maar ateiste is gewoonlik almal woedend, verbitterd en sinies, veral tydens debatte met Christene.   

  ▶ Sterrewiggelary. Die gewilde tydskrif, Huisgenoot plaas mos toe onlangs weer sy gebruiklike Horoskoop (‘Sterre Voorspel‘) vir die Nuwejaar (7 Jan 2021, p.62-66), nogal met die byskrif, “So beïnvloed die hemelliggame oor ligjare heen die fynste besonderhede van jou lewe op aarde.” (p.63). 
   Liewe aarde, glo die mees geletterde (!) generasie van ons Afrikaner-volk nog werklik hierdie kaf in die naam van ‘wetenskap’? Wat so ironies is, is dat hierdie einste lesers van die ‘Die Sterre Voorspel’ kolomme daarna nog die moed het om ander volke wat in die ‘Tokolossie’ (‘Tokoloshe’) glo te kritiseer as 'onnosel' en ‘agterlik’. Satiries gesproke is die kanse dat die Tokolossie wel bestaan baie groter as die kans dat ons lewens deur sterre gereguleer word, maar daar het jy dit: Die moderne, byderwetse Afrikaanse gesinstydskrif Huisgenoot publiseer steeds artikels oor die antieke en middeleeuse bygeloof van Astrologie en Huisgenoot lesers glo steeds aan die 'sterre wat voorspel'! Die 'Sterre' het minder waarde vir jou toekoms en vir jou lot in die lewe as wat kougom waarde het vir kankerlyers. 

  ▶’Skeppende Evolusie’. Sekerlik die mees ‘suksesvolle’ moderne bygeloof ooit, naamlik dat mense en die primate ‘dieselfde gemeenskaplike (oer) voorouer’ deel en dat die Skepper (God) Evolusie as ‘n instrument sou gebruik vir die skepping en instandhouding van die Heelal.
   Nee, mense en primate kom so merkwaardig ooreen, nie omdat hulle ‘dieselfde gemeenskaplike (oer) voorouer’ deel nie, maar omdat hulle 'dieselfde gemeenskaplike Skepper' (Jesus Christus) deel. 
   Skeppende Evolusie is, inteendeel, ‘n onwerkbare bygeloof want:

  (i)  Sou die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme wáár (geldig) wees, sou God nie bestaan nie en ontbreek dit die ‘Skeppende Evolusie’ dus aan ‘n God in sy vergelyking om as werkbare teorie te slaag. (Evolusie + Geen God = ZERO Skeppende Evolusie).

  (ii) Sou die Klassieke (Ateïstiese) Darwinisme egter onwáár (ongeldig) wees, dan sou soiets soos Evolusie nie bestaan nie en ontbreek dit die ‘Skeppende Evolusie’ aan ‘n Evolusieteorie in sy vergelyking om as ‘n werkbare teorie te slaag.(God + Geen Evolusie = ZERO Skeppende Evolusie). 

M.a.w, maak nie saak hoe mens na dit sou kyk, d.w.s. of die leer van Evolusie nou geldig of ongeldig sou wees, bly Skeppende Evolusie nietemin steeds in albei gevalle 'n onwerkbare model vir die verklaring van die oorspronge en bestaan van die Heelal.

  ▶ LOTTO & Dobbel. Elkeen wat ‘n LOTTO kaartjie koop glo hy kan en gaan die LOTTO wen, ten spyte van die feit dat daar vertel word dat die gemiddelde dobbelaar in SA ‘n sestig (60) keer groter kans het om deur die weerlig raakgeslaan te word as om die LOTTO te wen. M.a.w. moet ons aanvaar dat, teen die tyd dat die gemiddelde LOTTO speler eendag die LOTTO gewen het,  waarskynlik al 60 keer deur die weerlig raakgeslaan of rakelings getref was? Hierdie bonatuurlike 'alchemie' werk blykbaar net vir mense wat nooit 'n LOTTO kaartjie koop nie, want LOTTO wenners sal sekerlik 'n b
eëdigde verklaring kan aflê dat hulle nog nooit deur die weerlig raakgeslaan was nie.
   Dis wat die statistiek ons vertel, maar hou in gedagte dat, satiries gesproke, daardie persoon juis die LOTTO gewen het en die weerlig vrygespring het omdat hy so deksels 'lucky' ('gelukkig') is. Indien dit nie die geval was nie, sou hy deur die weerlig raakgeslaan gewees het en sou hy dus nie 'n kaartjie vir LOTTO kon koop om dit te wen nie.     
   Maar, alhoewel dobbel een van die mees vernietigende bygelowe is wat ooit bestaan het (m.a.w. die bygeloof dat dobbel die dobbelaar ryk kan maak) is die bedryf nie sonder sy humor nie. Dit was dus so ironies toe ‘n jong kursusbywoner in Randburg (tydens ‘n korporatiewe  opleidingsessie) eendag vir my sê: 

   “Nou verstaan ek waarom so baie van ons mense in die veld deur die weerlig doodgeslaan word ... dis die voorvadergeeste wat ons straf omdat ons so bygelowig is!”

En hy durf dit hardop uitspreek! (?).

No comments: