Total Pageviews

Sunday 25 July 2021

Pieter Snyman: Trots Suid-Afrikaans [AFRIKAANS]

Pieter Snyman
6 April 1919 - 30 April 2005
1. 
Zeerust, 1919. Pieter Johannes Jacobus Snyman word op 6 April 1919 gebore. As kleuter doen hy die gevreesde siekte van ‘Kinderverlamming’ op maar herstel en word ‘n gesonde, lewenslustige en sportiewe seun.

2. Die Springbok-Soldaat. As jongman (20-25 jr.) dien hy vanaf 1940-45 as voet-soldaat in die Tweede Wêreld Oorlog (5de SA Brigade > SA Irish Regiment ens.) en wel by historiese slagvelde soos Abessinië, El Guma, Mega, Addis Abeba, Alexandrië, Mersa Matruh, Tobruk (El Quasc), Sidi Resegh & Suez o.a. teen die gevreesde ‘Woestyn Jakkals’, Genl. Erwin Rommel.

3. Die rampskip ‘Nova Scotia’. Op 28 November 1942, op pad terug na Suid-Afrika met verlof, word sy skip, die Nova Scotia, deur die Duitse Duikboot U-177 (Kaptein-Luitenant Robert Gysae) om 7:15 met drie torpedo’s ongeveer 250km vanaf Durban en 80km vanaf Lourenzo Marques in die Indiese Oseaan gesink.

   Met die sink van die Nova Scotia en geklee in slegs ‘n kort kakiebroek en ‘n reddingsbaad-jie, duik Pieter oorboord en beland saam met nog ‘n Suid-Afrikaner en 17 Italiaanse krygsgevangenes op ‘n primitiewe ‘vlot’ opgebou uit piesangkaste en oliedromme, waar hy met ‘n roeispaan in sy hand beheer oor die ‘bemanning’ van die vlot oorneem. 
   Drie dae later word die oorblywende lede van die desperate groepie drenkelinge (sommige was deur haaie of siekte afgemaai) deur Kpt. Jose Augusto de Brito van die Portugese skip Alfonso de Albuquerque opgepik en by L.M. aan hawe gebring. Slegs 192 van die 1266 passasiers het die skeepsramp oorleef. 
   Omdat Pieter en sy makkers nie in L.M. (Mosambiek) as krygsgevangenes geïnterneer wou word nie, ‘ontsnap’ hulle te voet deur Swaziland en Nelspruit terug na die RSA waar hy die res van sy militêre diens (tot 1945) in Pretoria en Potchefstroom uitdien.

4. Van rowwe Soldaat tot Prediker van die Evangelie. Op 5 Maart 1943 tree hy in die huwelik met Marie Holtzhausen en na ernstige besinning en gebede deur sy getroue moeder en eggenote, kom hy kragdadig tot bekering en begin hom vir die Christelike bediening voorberei. Ten tye van sy afsterwe op 30 April 2005 (in die ouderdom van 86) het Pieter Snyman na raming ses dekades gedien as dinamiese prediker in die Pinksterbeweging, altyd vurig met die slagspreuk: “I’d rather cool down a fanatic than try and raise a corpse!” 

Erkenning

Aanbevole Bronne (Geni)

No comments: