Total Pageviews

Wednesday 7 July 2021

Die Ander Man Aan Die Kruis [AFRIKAANS]

(Die verhaal van die kwaaddoener aan die kruis wat meegevoel met Jesus Christus betuig het).

© Kopiereg/Copyright Bob Benson, 'The Misfit’ (‘Laughter In The Walls’).


Dit was nou maar éénmaal sy lot; hy was nou maar eenmaal een van daardie ongelukkige drommels … altyd op die verkeerde tyd op die verkeerde plek!

Eerstens, verkeerd gebore: Die Romeinse regering, die trotse maar verslane Joodse nasie; die armoedige agterbuurte van Jerusalem … die gebroke gesin.

Tweedens, verkeerd opgegroei: Toe ander skoolgegaan het, het hy stokkies gedraai; toe ander geleer het om voetbal te speel, het hy geleer om appels te steel; toe ander besig was om skrynwerk te leer, het hy geleer om te kul en te verneuk … steeds altyd op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

Verkeerd het hy begin, verkeerd het hy opgegroei en verkeerd het hy geleef. Dit was dus onvermydelik dat hy ook verkeerd sou eindig: ‘n Romeinse kruis; die skande van teregstelling; ‘n pynlike dood … toe daar skielik, vanaf die middelste kruis, hierdie woorde van reddende genade na hom kom: 

“Voorwaar, vandag sal jy saam met my in die Paradys wees!”

In die ganse geskiedenis van die mensdom kon slegs één, ja net één van al die ontelbare seuns van Adam daardie woorde spreek, en daar hang hy toe sowaar reg langs Hom! Wat ‘n ongelooflike verrassing! Wat ‘n Goddelike Voorsienigheid! In ‘n oogwink is sy lewe, oorgegee aan misdaad en met hom nou gedoem om te sterf, onherroeplik verander om te eindig in roemryke glorie!

Dit was die één sinnetjie waarsonder sukses nooit moontlik sou kon wees nie; die één sinnetjie wat alle mislukking vir ewig kon kanselleer, uitgespreek in die desperate sterwens-oomblikke van ‘n uitvaagsel van ‘n kwaaddoener.

Ja, sy groot probleem van ‘altyd op die verkeerde tyd op die verkeerde plek’ was finaal opgelos:

Ten einde laaste was hy op die REGTE TYD op die REGTE PLEK!

Acknowledgements.

Benson, Bob Laughter In The Walls: The Misfit.

($10 PER SET/NO SHIPPING/NO EXTRAS
1398pp/A5/8.03MB)

No comments: